Hors d'oeuvre

'n Dis bestaande uit mozzarellakaas, olywe en songedroogde tamaties, bedien saam met verskillende vleissnitte.

'n Hors d'oeuvre (Franse spelling: hors-d'œuvre, Franse uitspraak: ɔʁ dœvʁ) of voorgereg is 'n klein dis wat in die Europese kookkuns voor 'n hoofmaaltyd bedien word[1]. Sommige hors d'oeuvres word koud bedien en ander warm. Hors d'oeuvres word soms ook aan tafel bedien as deel van die hoofgereg of voordat gaste hul sitplekke inneem, soos bv. tydens 'n funksie of skemerkelkiepartytjie. Hors d'oeuvres is voorheen ook tussendeur geregte bedien.[2]

'n Hors d'oeuvre is tipies kleiner as die hoofgereg en word dikwels as vingerete bedien.[3]

  1. Maurice Waite (9 Mei 2013). Pocket Oxford English Dictionary. Oxford University Press. p. 439. ISBN 978-0-19-966615-7.
  2. Oxford English Dictionary, First Edition, 1899 s.v.
  3. "hors d'oeuvre – definition of hors d'oeuvre in English from the Oxford English Dictionary". oxforddictionaries.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Mei 2015. Besoek op 18 Maart 2015.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Tubidy